Herbou

12 0 0
                                    

Ek dink nie jy's 'n slegte persoon nie.
(Ek dink net jy't kak om uit te sort)
Na als wat jy gedoen het
Na als wat jy gesê het
(en als wat jy nie gesê het nie)
Het jy bewys dat jy 'n hart van goud is.
Ek hoop jy's gelukkig
Ek hoop jy kry wat jy soek
Ek hoop en bid voorspoed vir jou
(nooit teëspoed nie)
Ek hoop jy het goeie vriende
(ek's jammer ek kan nie nou een van hulle wees nie)
Ek hoop jy weet jy kan nie almal red nie
Ek hoop jy pas jouself op
En maak goeie keuses
Want jy verdien dit.
Ek kan net nie daar wees om te sien hoe dit gebeur nie.
En ek's jammer.
Maar jy was reg
Ons is nie goed vir mekaar nie.
Dit beteken nie een van ons is sleg nie
Dit beteken net saam is ons sleg.
So vir nou is spasie die beste ding van jou af
Tot ek als kan agter my sit
En ons net kan vriende wees
Sonder drama, sonder argumente, en woorde wat soos messe steek.
So.. dankie
Dankie dat jy my gepush het toe ek dit nodig gehad het
Dat jy seker gemaak het ek was okay
Dat jy omgegee het
En dat jy 'n goeie vriend was.
Ek dink nie daar's genoeg plek om dankie te sê vir als wat jy gedoen het nie
Wetend
(En onwetend)
Jy't my in stukkies gebreek
Maar dis wat ek nodig het.

As jy my nie gebreek het nie, sou ek nie myself anders moes herbou nie.

(dankie dat jy nog lees)
(dankie dat jy my inspireer het om te skryf)
En ek sal dit vir die heel laaste keer sê..
Ek's lief vir jou
(en dit sal vir altyd so bly.)

Through My Looking Glass 🔬 Where stories live. Discover now