My mond vertel nie my emosies nie
Maar luister in die stilte
Kan jy my gedagtes lees?
Kan jy oog kontak maak en die donkerte in my lyf raaksien?
(Dis 'n storm)
Ek steek dit goed weg, né?
Jy kan nie eers die "Help my" op my lippe lees nie
Daar's tien miljoen trane agter my oë weggesluit
Kan jy die moeë siel van my sien?
Kan jy sien hoe my liggaam beheer word deur iemand wat nie ek is nie?
Sy't dieselfde naam as ek
Maar sy's vals
Hel, sy's al my hele lewe hier
(Niemand het al besef dis wanneer ek my "mal" self is, wanneer my stukkies eintlik op die grond gemoer word nie)
Toemaar, ek glo haar ook partykeer
En glo my
Glo my, asseblief
Ek skreeu elke dag vir hulp
Maar haar hand is oor my mond en sy's besig om my onder die golwe te trek
Ek sweer.
Ek sweer ek probeer vra vir hulp.Dis moeilik om uit te ruik na iemand se hand toe wanneer ek 'n gevangene is in my eie liggaam.
YOU ARE READING
Through My Looking Glass 🔬
AléatoireDie wêreld deur my oë, somtyds onderstebo. Ek skryf my siel uit, wanneer die trane die woorde na my stoep toe bring.