Hoeveel Langer

9 0 0
                                    

Hoeveel meer gefluisterde gebede?
Hoeveel meer trane?
Hoeveel meer moeg voel?
Totdat hierdie gevoel my verlaat
Dit voel of ek 'n gevangenis is in my eie liggaam
Asof my hele lyf teen my werk
Die gevoel en als wat ek moet doen
Dit word net te veel.
Ek weet nie hoe lank ek nog dit kan dra nie.
Ek weet ek lyk sterk
Maar my stukkies sny my hande raak
En dit lyk soos 'n moordtoneel hier binne my, en ek kan dit sien.
Ek sit hier
Op my knieë
En ek kan die bloed op my hande voel
(dis my bloed)
Ek kan die moedeloosheid op my gesig sien

Here, hoeveel langer?

Through My Looking Glass 🔬 Where stories live. Discover now