Sonder om te probeer het jy reggekry wat almal nog altyd het
Jy't my laat klein voel
Asof ek net 'n stuk grond onder jou voete is
Wat ek weet en wat ek voel verskil drasties
Want ek weet jy's nie 'n slegte persoon nie
Maar ek voel ook soos niks teen jou nie
Onwetend ruk jy een van my grootste onsekerhede oop
Dalk die grootste van die spil
Dat ek weer nie goed genoeg is nie
Dat ek nie slim genoeg is nie
Dat ek eintlik maar net 'n persoon is wat mense van hou, maar wie niemand dink regtig slim is nie
En ja, dis 'n dom insecurity om te hê
Maar ek't nog nooit myself slim geag nie
Dit maak net seer as my kop dink dat ander mense saam stem.
YOU ARE READING
Through My Looking Glass 🔬
RandomDie wêreld deur my oë, somtyds onderstebo. Ek skryf my siel uit, wanneer die trane die woorde na my stoep toe bring.