Wentelbane

15 0 0
                                    

Vaagweg onthou ek jou
Jy was die planeet
En ek was jou wentelbaan
Dalk was dit die probleem
Jy het my alles geword
Maar vir jou, was ek net roetine
Dalk was ek die probleem.
Sy was 'n planeet
Reg langs jou
So naby sy kon aan jou vat
Sy was jou planeet.
En daar is niks wat ek kan doen om dit te verander nie
Al skreeu ek my hardste
Al gee ek jou my hart toe gedraai in geskenkpapier gemaak van die stukkende dele van my hart nie
Al probeer ek jou aandag trek
Sy sal altyd jou planeet wees.

Wentelbane kan nie vergelyk word met planete nie.

Through My Looking Glass 🔬 Where stories live. Discover now