Partykeer ontkoppel ek van die hele wêreld
My hele lyf word swaar
Asof hy nie al die gedagtes in my kop kan dra nie
Dis asof die wêreld alle betekenis vir my verloor
En al wat ek kan voel is my hart wat sak na my maag toe
Asof hy homself probeer beskerm want hy weet ek gaan self-vernietig
Dit voel of ek ingesluk word
Asof ek skielik net in 'n gat val
En die gat is gevul met herinneringe van almal wat eens saam my was
Voor hulle my gelos het
Voor hulle wou weg kom van my
Voor hulle al hulle beloftes aan my gebreek hetSoms verdrink ek in 'n oseaan van hartseer herinneringe.
YOU ARE READING
Through My Looking Glass 🔬
RandomDie wêreld deur my oë, somtyds onderstebo. Ek skryf my siel uit, wanneer die trane die woorde na my stoep toe bring.