Ek voel of ek in die middel van 'n brug staan
Een wat uitmekaar uit val
En ek kyk terug en vorentoe op dieselfde tyd
En ek weet
Ek weet ek moet 'n keuse maak
Want agter my is die brug se planke besig om af te val
Gaan ek aanhou omdraai?
Of gaan ek vorentoe hardloop?
Gaan ek ontslae van als ek nie kon ontslae raak nie?
Of gaan ek vashou aan die verlede?
Hoeveel keer gaan ek als onthou?
Hoeveel keer gaan my brein als speel wat gebeur het
En hoekom..
Hoekom kan ek als onthou?
Dis die probleem van die klein goed onthou.
Jy onthou jou kop op sy skouer
Jy onthou sy hart klop
Jy onthou die kyke
(O fok, die kyke)
Jy onthou die eerste keer wat jy langs hom gesit het
Hoe jy meer gemaklik gevoel het by hom as wat jy ooit gevoel het by enige ander mens
Jy onthou "Ek dog jy gaan my klap"
En jou wange wat brand want hy kyk vir jou asof hy jou sien
Jy onthou Radio GaGa
En piggyback rides
En veilig voel.
Maar fok, jy wil nie.
Want hy is die laaste ding wat jy wil hê.
(As jou hart net wou luister)
(As jou liggaam net die gevoel kon vergeet)
Maar jou kop
Jou kop weet dat jy net die goeie goed mis
(en dat die goeie goed nie so baie was nie)
Want ja, jy was mal oor naby hom wees
En net sy hand vashou
En net in sy oë kyk
Maar jy weet dat dit nie altyd gebeur het nie
En dit was tog jou eie skuld
Want nee het nog altyd so moeilik van jou tong afgeval
(Daar was baie nee's wat jy nie hom laat hoor het nie)
Jy weet dat jou vertroue nie als is wat hy gesteel het
Want al kan jy 'n miljoen keer terug kyk en die goeie goed onthou
Kan jy nie die goed sien sonder om als te sien wat jy nie eers hardop wil noem nie
En al is vyf maade verby
Kan jy nogsteeds voel hoe daar 'n deel van jou weggevat is
Teen jou wil.
So wat gaan jy nou doen?
In die verlede bly?
Of vorentoe kyk?
Gaan jy moedeloos wees?
Of gaan jy hoop kies?Ongelukkig is die waar ek jou moet los, tussen al die stukkende dele van my hart, tussen als wat ons was en nie mee is nie.
YOU ARE READING
Through My Looking Glass 🔬
RandomDie wêreld deur my oë, somtyds onderstebo. Ek skryf my siel uit, wanneer die trane die woorde na my stoep toe bring.