Hy's snaaks
Hy laat my glimlag
Hy laat my beter voel
Ek't eintlik nie besef hoeveel ek hom mis nie
Sy grappe
Sy positiwiteit
Hoeveel ek mis om sy "Tonetjies" te gewees het nie
Die manier wat ons maklik kan mekaar terg
En tog, teen wie meet ek hom?
Teen jou
Hy's beter vir my
Ek weet hy is
En as daar ooit weer 'n kans was vir my saam iemand
As daar 'n kans was dat ek iemand soek
Dan's dit hy
Hy's sagter as jy
Ek glimlag en lag heeltyd saam hom
Hy laat my gemaklik voel, nie avontuurlustig soos saam jou nie
Hy laat my voel of ons op dieselfde vlak is
Jy het nie.
Jy't my laat dom voel
Asof jy alles weet
Asof jy alles is
En ek's niks
En tog..
Tog meet ek hom nog teen jou
En ek haat dit
Hy laat my nie voel soos jy het nie
(Dalk is dit 'n goeie ding)
En dit moet my laat beter voel
Hy dra nie 'n masker soos jy nie
Hy jok nie vir my soos jy nie
Hy speel nie met my hart nie
Maar hy's nie jy nie.Hoekom soek ons hart altyd die mense wat ons vernietig het?
YOU ARE READING
Through My Looking Glass 🔬
RandomDie wêreld deur my oë, somtyds onderstebo. Ek skryf my siel uit, wanneer die trane die woorde na my stoep toe bring.