Kwesbaar

16 0 0
                                    

Ek maak myself toe
Elke dag vou ek in mekaar in
En bêre myself in die verste hoek van my hart
Deesdae is dit al hoe ek veilig voel.
En as iemand te naby kom
Dan skrik ek en bêre myself dieper.
Dis asof my hart roep vir hulp
Maar terselfdertyd is ek te bang om iemand naby genoeg te laat kom om te kan help.
So dis 'n eindelose stryd wat ek voer
Teen almal wat omgee oor my
Want hulle wil help
Ek weet hulle wil.

Maar ek sal elke keer eerder kies om myself te beskerm, as om myself kwesbaar te laat vir nog seer.

Through My Looking Glass 🔬 Where stories live. Discover now