Jy haat alleen wees
Ek haat baie mense naby my
Jy haat water
Ek's gemaak om in die water te lewe
Jy ken my geheime, en ek ken joune
Ek weet hoekom jy nie kan slaap nie
Jy weet van ons familie gevegte
Ek weet so baie goed wat ek nooit sou skryf nie
(want al is ons uit, sou ek nooit jou vertroue breek nie)
Jy weet dat ek somtyds nie eet nie
Dat ek wegloop as ek wil huil
Dat ek nie altyd so gelukkig is as wat ek voorgee nie
Dat ek alles oordink
Dat ek nie kan slaap nie
Ons ken mekaar baie goed.
Maar op die ou einde van die dag is ons eintlik....niks.
Ek wil nie jou vriend wees nie.
Ek kan jou nie vertrou nie.
Maar ons altwee weet dis nie die enigste rede nie
(hoe kan jy net vriende wees met iemand wat jou liggaam en hart laat uitroep vir hulle?)Ons is twee vreemdelinge, wat net te veel weet van mekaar.
YOU ARE READING
Through My Looking Glass 🔬
CasualeDie wêreld deur my oë, somtyds onderstebo. Ek skryf my siel uit, wanneer die trane die woorde na my stoep toe bring.