Slegte Vriende

10 0 0
                                    

Hoe meer ek dink aan wat sy gesê het
Hoe meer dink ek sy's reg
Dalk was ek net gemanipuleer
Gebruik soos 'n marionet
Terwyl ek elke dans gedoen het wat jy my laat dink het is nodig
Dalk is my string nou uiteindelik los geknip
En ek kan jou sien vir wat jy is
(Met als wat jy doen, kom jy elke keer nader aan als wat ek nooit wou glo nie)
Hoe pateties sou dit wees
Om te weet dat ek jou verdedig het teen al mense se skerp woorde
Net om uit te vind dat jy presies is wat hulle my gewaarsku het jy is?
"Dear John" was nooit iets wat ek oor jou wou sing nie
Alhoewel.. die woorde kom elke keer nader aan jou gelykenis

Wat anders moet mens glo, as 'n sogenaamde "vriend" nie eers genoeg ordentlikheid het om jou te sê hulle's oraait nie?

(Slegte vriende word altyd uit gevang)

Through My Looking Glass 🔬 Where stories live. Discover now