Ek mis jou.
Maar dis beter om jou weg te stoot
Al is dit nie wat my hart wil hê nie
(Wat weet hy in elk geval?)
So ek sit in woorde wat ek nooit sou hardop sê nie
Ek mis die sterre in jou oë
Die manier wat jy my kon dronk maak met 'n kyk
Jy't gesê ek's sterk maar ek voel als behalwe
En my oomblikke van swakheid is meer as wat ek wil erken
(Die Here weet)
My lyf werk teen my
Want elke keer as jy naby kom
Klop my hart vir jou iets in Morse kode
(Hoekom anders dink jy bly ek so ver as moontlik?)
Jy's in elke joernaalinskrywing
In elke gebed-
geskryf ,
gefluister,
geskreeu-
En ek weet nie of die Here al so moeg is vir dit soos wat ek is nie
(want ek is so absoluut moeg)
Dis 'n stryd om jou te vergeet
Partykeer wen ek
Deesdae verloor ek net.
Herinneringe van jou wat net nie wil verdwyn nie.
Almal het gesê dit raak beter
Maar dit word net swaarder elke dag
Dit voel of 'n ketting van herinneringe om my enkel vasgemaak is
En ek kan nie die sleutel kry om myself los te maak nie
Ek probeer so hard.
Elke liewe dag
So ek't die enigste opsie gekies wat ek kon aan dink
(jou heeltemal uit my lewe uit te skop)
Want ek weet
Ek weet vir 'n feit
Ek nie behoort af te kyk in jou ouma se straat nie
En my hart moet nie stop as ek by die wasbak staan en julle hoor praat oor Pretoria nie
Nee.
Nee.
My drome moet nie wees van jou nie
En as ek wakker word moet ek nie nog langer wil bly nie
En om jou vriend te wees moenie gedagtes soos "Ek moet wat ookal tyd ek saam jou het waardeer" veroorsaak nie
En daai hoop
Daai onnosele hoop in my bors
Moet nie daar wees nie
(Dis die klein stukkie hoop wat my dood gaan veroorsaak)
Daar's soveel goed wat ek nie moet oorspeel in my kop nie
Soveel liedjies wat nie so belangrik moet wees nie
Soveel plekke wat net plekke moet wees
Soveel karre wat nie my hart moet laat stop nie
Soveel oomblikke wat ek nie moet onthou nie
(Maar ek doen)
Maar die ergste van als
Is dat al sê ek vir myself elke liewe keer
Dat jy nie eers my mis nie
Wil my dom hart jou nogsteeds nie laat gaan nie.Ek stoot jou weg, want dis beter om te kies om myself seer te maak, as om toe te laat dat die hoop my totaal en al vernietig.
(Ek hoop liewe Jesus antwoord beide my gebede vir en van jou.)
YOU ARE READING
Through My Looking Glass 🔬
RandomDie wêreld deur my oë, somtyds onderstebo. Ek skryf my siel uit, wanneer die trane die woorde na my stoep toe bring.