Tweede Beste

13 0 0
                                    

Ek was nog altyd tweede beste
In als
Vriende
Familie
Lewe
Ek het nog altyd gevoel soos tweede beste
Soos die backup plan
Soos iemand wat almal laaste aan dink
Ek het nog altyd my beste gedoen om daar te wees vir mense
En om hulle te ondersteun
Maar al wat ek gekry het was tweede beste plek
En ek dink dis wat regtig seermaak
Want ek het gedink jy's anders
Ek het gedink vir eens gaan ek iemand se eerste keuse wees
En ek het gedog jy't eintlik die waarheid gepraat (stupid ek)
En dat jy 'n goeie mens was
Maar nee.
Jy't my net weer gewys dat ek die tweede beste was
En ek is so moeg vir dit
Ek is so moeg vir jou.
Vir al die kere wat jy gejok het
Vir al die kere wat jy my jou leë beloftes laat glo het
Vir al die kere wat jy my laat voel het soos 'n eerste keuse, toe jy geweet het dat ek tweede beste sou wees op die einde
En veral, dat jy my nie laat worry het oor haar nie
Dat jy my laat dink het sy was nie 'n probleem nie
Dat jy eerder besluit het om dom keuses te maak
Dat jy besluit het om met iemand uit te gaan terwyl jy van iemand anders gehou het
Jy maak my siek.

Ek mag dalk nog altyd tweede beste gewees het, maar ten minste het ek nog nooit vir mense gelieg en hulle laat voel soos eerste beste wanneer hulle nie was nie.

Through My Looking Glass 🔬 Where stories live. Discover now