Na Die Storm

20 0 0
                                    

En ek weet wat jy sê
Maar somtyds wonder ek hoe iemand so vinnig kan ophou omgee
Of wel, dit so laat lyk
As dit is waarvoor jy gaan, kry jy dit fantasties reg
Want dit voel of ek presies niks was nie
Vir hoe jy dit laat lyk, kon dit als in my verbeelding gewees het
En daai gedagte versmoor my
Op een of ander manier, voel ek soms so dom soos al die meisies wat ek van gehoor het
Die wat smoorverlief was op jou
Alhoewel, jy was myne.
So.. sekerlik was dit nie in my kop nie?
Partykeer twyfel ek
In jou
In my
In als wat ek dink is waar
En ek weet jy't jou eie wêreld om nou oor te bekommer
Maar dit voel of daar nie plek is vir my nie
Nie as enige iets nie
"Net vriende"
Deesdae voel dit meer soos "net vreemdelinge"
Ek het jou geken
Dit voel nie mee so nie.

Na die storm weet mens nie mee wat waar was nie.

Through My Looking Glass 🔬 Where stories live. Discover now