En dalk sal ons eendag weer vriende kan wees
Maar vir nou kan ek jou nie vertrou nie
Ons het ons eie lesse om te leer
Eie paaie om te gaan vir 'n ruk
En dis tyd dat ek leer wie ek is wanneer ek op my eie is
En dis tyd vir my om te leer hoe om lief te word vir wie ek is en wie ek in groei
Eintlik wil ek net sê dankie
Want ja, jy het my hart vernietig
En my vertroue gebreek
En ek voel of ek onttrekkingsimptome het
Maar ek besef dat ek nie altyd sterk genoeg is om als alleen te dra nie
En dat somtyds, dit nie verkeerd is om te doen net wat ek voel ek wil nie
En eintlik, net hoe om te lewe partykeer
En hoe om asem te haal asof ek dit vir die eerste keer doen
En ek is nog nie oor jou nie
Maar ek gaan daar kom
Met 'n bietjie tyd
Met 'n bietjie hulp
Met 'n bietjie ondersteuning, weet ek dat ek daar gaan kom.Dis asof ek die hele wêreld sien deur nuwe oë.
YOU ARE READING
Through My Looking Glass 🔬
RandomDie wêreld deur my oë, somtyds onderstebo. Ek skryf my siel uit, wanneer die trane die woorde na my stoep toe bring.