Ek was net 'n kind
Kinders was nie gemaak om vredemakers te wees nie
Ek kon nooit verstaan hoekom julle baklei het nie
Hoekom ek nie 'n skuilplek kon hê nie
Hoekom ek moes terug kom na skree kompetisies toe en deure wat slaan nie
Hoekom ek myself moes toesluit agter my kamer deur met musiek hard genoeg om julle stemme uit te blok
Hoekom ek nie 'n gelukkige familie kon hê nie
En ek kon nie verstaan tot dit ek geraak het nie.
Ek wat elke dag met jou baklei
Ek wat my deur toeslaan
Ek wat myself aan die slaap huil
Ek wat altyd uit die huis wil wees
Ek wat enige opsie soek om net die pyn te verdoof
Ek wat julle teleurstel al probeer ek my beste
Ek wat voel of ek julle lewens hel maak
Ek wat my musiek hard genoeg speel om my (en julle) doof te maak
Ek wat bang word om vir julle enige iets te sê
Ek wat in 'n donker put val van leë woorde en stemme wat vir my skreeu dat die wêreld sal beter wees sonder my
Dat almal sal beter wees sonder my
Dat ek altyd sal lelik wees al trek ek mooier klere aan, en al besmeer ek my gesig met enige grimering wat ek kan kryWanneer het my huis in 'n oorlogszone verander?
YOU ARE READING
Through My Looking Glass 🔬
RandomDie wêreld deur my oë, somtyds onderstebo. Ek skryf my siel uit, wanneer die trane die woorde na my stoep toe bring.