Bel my
Terg my
Laat my lag
Laat my vergeet.
Kom kuier
Kom maak my dronk van jou
Kom maak my spesiaal voel
Kom maak my vergeet.
Dans met my
Speel met my hare
En vertel my enige iets wat jy aan dink
Laat my hart glo wat hy wil.
Sit jou arm oor my skouer
Kyk vir my asof jy dink ek's pragtig
Soen my asof jy my wil hê
Sê ek's joune net vir vandag
Laat my sagte leuens glo.Enige iets om te vergeet, enige iets om die pyn te stop, al is dit net vir 'n oomblik.
YOU ARE READING
Through My Looking Glass 🔬
RandomDie wêreld deur my oë, somtyds onderstebo. Ek skryf my siel uit, wanneer die trane die woorde na my stoep toe bring.