Ek's jammer ek was nooit die trofee kind wat ek moes wees nie
Dat ek in alles verander het wat julle gesê het ek is die teenoorgestelde van
Dat ek verander het in 'n teleurstelling vir julle
Ek wens ek kon julle standaarde beruik
Maar ek kan skaars my eies raak
Ek voel soos 'n mislukking
Die dogter wat moes goed wees maar ook op die ou eind 'n probleem kind geword het
Elke keer as ek probeer perfek wees vir julle, dan misluk ek
Ek het ophou vir julle sê van goed waarop ek trots is
Of goed wat ek voor uitsien of wil doen
Ingeval julle dreig om dit weg te vat
Of ingeval ek iets verkeerd doen en ek weer julle teleurgestelde gesigte moet sienEk's jammer dat ek nie enige hoop vir myself het nie, en dat dit voel of ek julle s'n vernietig het.
YOU ARE READING
Through My Looking Glass 🔬
RandomDie wêreld deur my oë, somtyds onderstebo. Ek skryf my siel uit, wanneer die trane die woorde na my stoep toe bring.