En partykeer skrik ek wakker en ek onthou dis vyf weke
En ja, ek tel.
Ek het vyf weke laas gehuil
Vyf weke terug myself toegelaat om dit te doen
Vyf weke terug gedink oor wat eintlik aangaan
En nou?
Nou is dit asof ek 'n zombie is
Asof ek net 'n rol speel
Ek dink nie aan goed nie
Want as ek doen, gaan ek moet breek
En ek's so moeg vir breek.
Dit slaan my partykeer vir 'n paar minute
Net totdat ek dit afdwing
En dit bêre.
En partykeer wil ek ontplof as ek besef dat jy eintlik reg is.
Want is hierdie eintlik lewe?
Om als weg te steek?
Om dit op my eie te oorleef?
Om te maak asof niks gebeur het nie?
Want iets het gebeur
En ek fokken weet dit
Maar ek kan nie daaraan dink nie.
Ek kan nie.Om myself te spyte, sal ek seker maak ek vergeet nooit wanneer dit gebeur het nie.
YOU ARE READING
Through My Looking Glass 🔬
RandomDie wêreld deur my oë, somtyds onderstebo. Ek skryf my siel uit, wanneer die trane die woorde na my stoep toe bring.