Probeer

18 0 0
                                    

Partykeer sukkel ek om asem te haal
(dis gewoonlik wanneer ek aan jou dink)
Ek probeer en probeer en probeer
Maar al wat ek voel as ek probeer suurstof in kry, is die pyn wat jy veroorsaak het
(En ek versmoor)
Ek kan lewe sonder jou
(Ek kan oorleef sonder jou)
Maar dis die versmoring wat ek nie kan hanteer nie
Dis die stukkend dele van my hart
Dis ek wat huil in die nag
Dis ek wat voel of die pyn my hart vermorsel
Dit kan ek nie hanteer nie.
En ek weet nie hoe mense dit kan doen aan ander mense nie
Hoe hulle iemand se vertroue kan breek so maklik nie
Hoe hulle iemand kan breek so maklik nie

Jy't my gebreek, en tog moet ek die stukkies optel.

Through My Looking Glass 🔬 Where stories live. Discover now