Eerlikheid

19 0 0
                                    

1.

Die Sondag aand voor die 25ste November het jy my laat voel nes hulle het. Asof ek disgusting was, of asof ek 'n siekte het. Unknowingly het jy een van my diepste insecurities oopgeruk en toe die aand geëindig met "na ek jou moes smeek om my te vertel" en nag gesê.

Ek't myself aan die slaap gehuil.

2.

Na als het ek partykeer als gedoen wat jy gesê het ek moenie. Want ek't geweet jy gee nie mee om nie, en êrens binne my het something siek vir my gesê as ek net sou gewig verloor sou jy nog van my gehou het.

3.

Die deja vu gebeur te veel. Tot die punt dat dit gebeur ten minste 1-3 of meer kere 'n dag.

4.

Jy wil nie uit my drome verdwyn nie, en ek weet nie hoe om ontslae te raak van jou nie. Dit voel of jy soos 'n spook is wat my tart. Ek wil net hê jy moet weg dat ek weer kan slaap. Ek wil net slaap sonder dat ek wakker word en versmoor in 'n oseaan van hartseer en pyn.

5.

Ek het nog nie gehuil oor jou vanaf laas Dinsdag nie. En ek weier om dit te doen. Ek bottel dit op, ek sit my masker aan, en fok, anytime wat ek kan drink drink ek myself dood of ten minste net gevoelloos.

6.

Hulle is altwee bekommerd oor my, tot G, surprisingly genoeg. Hy dink ek drink te veel.

Ek dink dis my lewe.
En my pyn.
Ek kan en gaan doen wat ek wil. Ek gaan "lewe" soos jy mos gesê het ek moet.

7.

Dis belaglik hoeveel kere ek jou al gevloek het in my kop.

8.

Daar was al te veel kere gewees wat ek violence oorweeg het. Ongelukkig weet ek ook ek sou nooit. Maar dit gebeur definitief in my kop.

9.

Somtyds skryf ek as ek vir jou iets wil sê, maar ek kan nie (en gaan nie) dit oor boodskap sê nie. Somtyds is dit meer misluk, aspris. Somtyds wonder ek wat is die punt, want wie de hel weet of jy dit nog lees of nie.

10.

Wel, ek't die als geskryf terwyl ek try 'n king kong mot doodslaan + dood Doom. Ek gaan nie die hoofstuk bespreek met enige iemand nie. Jy ook nie tho, veral nie met my nie.

Partykeer wil ek net eerlik wees sonder om enige iets met iemand te bespreek.


Through My Looking Glass 🔬 Where stories live. Discover now