Die enigste kere wat ek skryf is wanneer dit voel of ek skreeu en niemand kan my hoor nie
Soos nou
Soos meeste van my dae.
Ek's jammer ek kan nie my gevoelens in woorde sit nie
Maar dit beteken nie hulle dryf my nie deesdae tot breekpunt nie
Wat moet ek nog doen?
Wat de fok kan ek nog doen?
Daar's nie iemand om mee te praat nie
En die mense wat ek mee praat voel vir my asof hulle gatvol raak vir my
(nes almal op die ou einde doen)
En ek is net so fokken moeg
En fok, moet nie my sê ek bid nie genoeg nie
Want ek doen dit elke dag
(Here, stop die drome)
(Here, net slaap)
(Here, ek kan nie mee nie)
Maar fok, hier sit ek nog
So ja, ek wil fokken drink
Want dalk kan ek vir fokken eens nie drome hê nie
En nie breek nie
En nie voel of my lyf uitmekaar uit val nie.Fok, ek mag dalk sterk wees, maar ek het my breekpunt beruik.
YOU ARE READING
Through My Looking Glass 🔬
RandomDie wêreld deur my oë, somtyds onderstebo. Ek skryf my siel uit, wanneer die trane die woorde na my stoep toe bring.