I'm still standing

14 0 0
                                    

"I'm still standing" speel deur die kar se radio
En ek glimlag
Want vir eens
Vir eens
Voel ek hoe die woorde resoneer deur my liggaam
En ek voel hoe my hart fluister
"Jy staan nog"
Ja, na slaaplose nagte
Na 'n hart wat breek elke dag
Na breakdowns voor die kombuis wasbak
Na skreeu sonder klank
Na gefluisterde gebede
Voel ek vir die eerste keer hoop
Ek voel gelukkig.

Jy mag dalk my hart gesteel het, maar jy sal nooit my vreugde vir jou vat nie.

Through My Looking Glass 🔬 Where stories live. Discover now