Weet jy hoekom ignoreer ek jou?
Hoekom ek nie vir jou wil kyk nie?
Hoekom ek maak of jy nie bestaan nie?
Dis omdat ek spyt voel wanneer ek vir jou kyk
Ek kan nie vir jou kyk en nie teleurstelling voel nie
Ek kan nie vir jou kyk en niks voel nie
Ongelukkig word mens se eerste
(en domste) liefde nie so maklik vergeet nie
My lyf werk teen my as jy naby my kom
En al dink ek nou ek is hoe fokken sterk
Verraai my hart nogsteeds my
Al doen ek nou wat ook al
As jy in dieselfde plek is as ek
Kan my oë nie help om jou te soek nie
Maar as jy dink dat dit die enigste rede is hoekom ek nie 'n "vriendskap probeer bou" saam jou nie
Dan is jy glad nie so slim soos ek weet jy is nie
Want al mag daar ook hoeveel fokken jaloesie wees in my
Sou ek nooit my eie gevoelens bo my vriendskappe sit nie
So ja, ek dink jy's dom
Want jy jaag agter 'n meisie aan wat in 'n verhouding is
En ek's bang jy forseer haar om te kies tussen twee mense wat sy nooit sou wou tussen kies nie
Of dat jy haar sal stukkend los soos jy my gelos het
Want ons altwee weet dat "Ek's nie reg vir 'n verhouding nie" net 'n paar maande terug uit jou mond uit gekom het
So hou jou kak verskonings van "Ons is net vriende"
Want daar's niemand wat so goed deur jou sien soos iemand wat jy gebreek het nie
Vriende kyk nie so vir mekaar nie
Of is elke dag by mekaar nie
En al dink jy dalk ek sê dit uit bitterheid, moet jy weet dat hierdie storie vir iemand gaan sleg uitdraai
Al weet jy nog nie wie nie.
En ja, ek't nie veel probeer in ons vriendskap nie
Dalk diep binne my het ek geweet dit kan nie werk nie
'n Deel van my het vir my die waarheid gesê wat ek wou ignoreer
Maar na alles
Na als wat ons fokken deur gegaan het
Moet nie durf sê of dink dat ek nie omgee nie
Want ek kan nie romantiese flieks kyk sonder om te huil nie
En jy's elke aand en oggend deel van my gebedslys
(Gewoonlik naby die boonste deel)
En die Here weet ek wens jou niks behalwe geluk nie
So as jy dink dat my argumente beteken ek gee nie om nie
Dan is jy fokken mal
Hoekom sou ek nog huil oor jou as ek nie omgee nie?
Hoekom sou ek nog heeltyd jou ignoreer as ek nie omgee nie?
Hoekom sou ek myself forseer om nie vir jou te kyk nie, as ek nie omgee nie?
Hoekom sou ek nog skryf oor jou as ek nie omgee nie?Die probleem is nie dat ek nie omgee nie, dis dat ek te veel omgee.
YOU ARE READING
Through My Looking Glass 🔬
RandomDie wêreld deur my oë, somtyds onderstebo. Ek skryf my siel uit, wanneer die trane die woorde na my stoep toe bring.