Ek gaan van jou skryf
(van ons skryf)
Totdat ek nie mee kan nie
Totdat die seer ophou uit my vloei
Totdat my vingerpunte nie mee wil uitstrek na jou toe nie
Totdat ek ophou jou lippe op myne voel
Totdat dit nie mee seer is om aan jou te dink nie
En die melancholie gevoel my hart verlaat
Ek sal van jou skryf totdat die herinneringe van ons nie op my longe rus nie
En my lyf die gevoel van jou hande kan vergeet
Tot dan en nie 'n dag langer nie.
So ja, my gedigte gaan dalk nog oor jou
Maar ek hoop jy besef dat ek eendag jou gaan vergeet het
Jy gaan eendag niks wees vir my nie.
Al wat jy gaan wees is 'n wind van inspirasie wat deur die strate van my hart se dorp gewaai het
Jy gaan niks wees nie.Ek sal skryf oor jou totdat my hart ophou bloei as iemand jou naam sê.
YOU ARE READING
Through My Looking Glass 🔬
RandomDie wêreld deur my oë, somtyds onderstebo. Ek skryf my siel uit, wanneer die trane die woorde na my stoep toe bring.