Dit is nie elke dag van laas week wat my opskeur nie.
Dis jy wat my gegroet het vir die eerste keer
Dis ons onmiddellike konneksie
Dis toe jy my ouers ontmoet vir die eerste keer
Dis jy wat my oppas by die kamp
Dis ons 4 uur die oggend
Dis my eerste soen
En jy wat my van jou pyn vertel
Dis jy wat elke keer Journey sing, ons song
Dis ek wat val, en jy wat my dokter
Dis ons ure lank videocalls
Dis ons laat aand roomys eskapades
Dis ek wat teen jou bors lê en jou hart klop luister
Dis ek in jou arms
En jy op my skoot
Dis die eerste keer wat ek voor jou gehuil het
Dis ons wat dans in die kombuis terwyl ek probeer koekies bak
Jy's toe reg, ek kyk elke dag terug op daai oomblik
Dis ons op die swaai in jou ouma se tuin
Dis jy wat swem al haat jy die water
Dis ons wat saam sing
Dis jy wat kitaar speel
Dis "I can't help falling in love with you"
En koffie in die aande
Dis jy wat my hand vashou
En jou klere in my kas
Dis cuddles, en laat aand gesprekke waar ek my hart oopsluit vir jou
Dis jy wat my sê om te eet
En ek wat jou familie ontmoet
Dis jy wat huil voor my.
Hoe kan dit wees dat ons nie bedoel is vir mekaar nie wanneer elke oomblik saam jou reg gevoel het
Dis die herinneringe wat regtig my hart opfok.
YOU ARE READING
Through My Looking Glass 🔬
RandomDie wêreld deur my oë, somtyds onderstebo. Ek skryf my siel uit, wanneer die trane die woorde na my stoep toe bring.