Wys Geen Swakheid

17 0 0
                                    

Kop op
Skouers terug
Loop met die selfvertroue wat jy nie nou het nie
Wys geen swakheid
Steek dit weg agter jou glimlag
Moet nie nou breuk nie
Hou dit in
Vee jou oë af en sê jy's okay
Moet nie dat die stemme in jou kop begin skreeu nie
Hulle maak als moeiliker
Vertel hulle hulle moet wag
Net tot jy by 'n skuilplek uitkom
Net tot jy alleen is
As mense vra, sê jy's moeg
Hou jou stem toon normaal
Moenie toelaat dat mense in sien nie.
Jy's nie hulle verantwoordelikheid nie
Hulle het hulle eie probleme
Jy pla mense
Die enigste rede hoekom hulle vra of jy oraait is is omdat jy swakheid gewys het
Probeer harder volgende keer
Glimlag breër
Moenie hulle die swart gat in jou bors wys nie.

Through My Looking Glass 🔬 Where stories live. Discover now