Dis 'n bittersoet gevoel as ek na kinders kyk
Dis hulle onskuld wat my maak glimlag
Maar dis die bitter nostalgie wat die pyn in my oë veroorsaak
Dis maklik om die spyt in my mis te kyk.
Ek wens ek kon weer soos 'n kind wees
Wat glo in alles en almal, en hulleself
Dis nie dat ek nog stukkend is nie
(nie heeltemal nie)
Dis net asof ek die stukkies van my legkaart hart verkeerd aan mekaar gepas het.
Ek noem dit nie, maar die drome van 'n man en kind los my nog stukkend
Dit was my grootste droom
En nou is dit net 'n eggo van "Wat as?"
(Is 'n huwelik nie net so maklik om te breek soos die beloftes wat ek gehoor het nie?)
Dis al amper twee maande en "Winner takes it all" kan my steeds tot my knieë bring
En ek kan liefdes liedjies speel maar hulle lirieke wil nie eers my mond verlaat nie
(Hoe sing jy woorde wat jy nie glo nie?)
Daar's 'n knop in my keël wat die afgelope dae my nie wil verlaat nie
En twee aande van drome sonder jou is blykbaar die beste wat vir my gedoen kon wees
(Ek sal eerder dood voor ek erken wat die klein stem in my kop vir my skreeu)Ek's emotioneel en fisies uitgeput om 'n stryd te veg wat deel is van 'n oorlog, wat ek lankal verloor het.
YOU ARE READING
Through My Looking Glass 🔬
RandomDie wêreld deur my oë, somtyds onderstebo. Ek skryf my siel uit, wanneer die trane die woorde na my stoep toe bring.