Die Jaar

11 0 0
                                    

My kop is skoner sonder jou
Om eerlik te wees, somtyds dink ek als beter sonder jou
Om eerliker te wees, somtyds (meeste tye) kan ek jou nogsteeds nie uit my kop uit kry nie
Die sleutel het ek nog nie gekry nie
So vir nou is jy toegesluit in my hart.
Dis 'n goeie ding en 'n slegte ding seker
Want die tye wat ek saam jou was, het ek meer vry gevoel as wat ek in my heel lewe het
En sleg
Want sodra ek dit onthou word my hart swaar
Asof hy sink in 'n vloed van gedagtes van jou en als wat gebeur het.
Ek het my slegte tye
En erger dae.
Partykeer mis ek jou minder as gewoonlik
En partykeer mis ek jou met elke asem
Dis nie die lekkerste gevoel nie
Maar ek gaan dit oorleef
Ek sal dit oorleef
Want ek weet ek's sterker as dit
En ek's moeg om moeg te voel vir die lewe

Die jaar sal ek my lewe geniet, of dit nou met, of sonder, jou is.

Through My Looking Glass 🔬 Where stories live. Discover now